Welkom by Snoetjies en Sproetjies Kleuterskool
Privaat Afrikaanse Christelike Kleuterskool
Ons is ‘n privaat Afrikaanse Christelike kleuterskool met 30 jaar se ervaring. Ons missie is om ons leerders te begelei na die volle bereik van hulle potensiaal. By ons word kinders op akademiese, sportiewe en kulturele vlakke gestimuleer om hul talente te ontdek en te ontwikkel.
Deur middel van speelse leer streef ons daarna om kinders nie net slim te maak nie, maar om ook hul mylpale te bereik en skoolgereed te wees. Ons werk as ‘n multiprofessionele span saam met ‘n spraakterapeut, arbeidsterapeut, sowel as ‘n opvoedkundige en kindersielkundige, om holistiese ondersteuning aan elke kind te bied.
As onderwysers leef ons ons passie en roeping uit, terwyl ons kinders in ‘n liefdevolle, huislike omgewing sien floreer. Hier kry hulle die nodige stimulasie om te groei en hul unieke potensiaal te ontwikkel.
By Snoetjies en Sproetjies Kleuterskool is daar geen perke aan die ontwikkelingsmylpale wat elke kind kan bereik nie.
Kom belê in jou kind se toekoms by ons!
Visie:
Om ‘n leidende kleuterskool te wees wat elke kind se unieke potensiaal erken, ontwikkel en vier, en ‘n veilige, inspirerende omgewing te bied waar jong gemoedere groei, leer en vreugde vind in elke dag.
Missie:
By Snoetjies en Sproetjies Kleuterskool is ons daartoe verbind om:
‘n Liefdevolle en stimulerende leeromgewing te skep wat die holistiese ontwikkeling van elke kind bevorder.
Kinders in staat te stel om selfvertroue, kreatiwiteit en onafhanklikheid te bou deur uitdagende, maar ondersteunende onderrig praktyke.
Positiewe en betekenisvolle verhoudings tussen onderwysers, kinders en ouers te bou om ‘n samewerkende gemeenskap te skep.
Die fondament te le vir lewenslange leer en ‘n liefde vir die wêreld om ons.
Kontak Ons
Lynn Cilliers
Epos: info@sskleuterskool.com
Selfoon: 082 572 4865
Address: 169 Antun St, Sinoville, Pretoria, 0129










